Neolitiese Omwenteling

Die gebied van die Vrugbare Halfmaan, omstreeks 7500 v.C., met belangrike argeologiese terreine van die Neolitikum voor pottebakkery. Die mens het toe nog nie in Mesopotamië gewoon nie.

Die Neolitiese Omwenteling, Neolitiese Rewolusie of Landbouomwenteling was die grootskaalse oorgang van baie menslike kulture tydens die Neolitikum, of Nuwe Steentydperk, van ’n leefstyl van jag en kos uit die natuur na een van landbou en vestiging, wat ’n toenemend groter bevolking moontlik gemaak het.[1] Hierdie gevestigde gemeenskappe het mense in staat gestel om plante te bestudeer om vas te stel hoe hulle groei en ontwikkel.[2] Die nuwe kennis het gelei tot die aanplanting van gewasse.[2][3]

Volgens argeologiese data het die domestisering van verskillende soorte plante en diere afsonderlik van mekaar op verskillende plekke op aarde plaasgevind, vanaf die epog Holoseen[4] (sowat 12 500 jaar gelede).[5] Dit was die eerste verifieerbare omwenteling in landbou ter wêreld. Die Neolitiese Omwenteling het die verskeidenheid beskikbare kosse aansienlik verminder en dit het ’n afname in die gehalte van menslike voeding tot gevolg gehad.[6]

Die omwenteling het meer behels as die aanvaarding van ’n beperkte hoeveelheid tegnieke om voedsel te vervaardig. Oor die volgende millenniums het die klein en beweeglike groepe jagter-versamelaars wat die menslike voorgeskiedenis gekenmerk het, verander in sedentêre (nienomadiese) gemeenskappe met geboude huise en dorpe. Hierdie gemeenskappe het hulle natuurlike omgewing radikaal verander deur middel van gespesialiseerde voedselkweking, met bedrywighede soos besproeiing en ontbossing wat die vervaardiging van meer kos moontlik gemaak het. Nog ontwikkelings wat wyd voorgekom het, is die tem van diere, pottebakkery, gepoleerde klipgereedskap en vierkantige huise.

Hierdie ontwikkelings het die basis verskaf vir gesentraliseerde administrasies en politieke strukture, hiërargiese ideologieë, ontpersoonlikte kennisstelsels (byvoorbeeld skryf), digbevolkte nedersettings, die spesialisering en verdeling van arbeid, meer handel, die ontwikkeling van niedraagbare kuns en argitektuur en die besit van eiendom. Die vroegs bekende beskawing het in Sumer in Suid-Mesopotamië ontwikkel (omstreeks 6 500 v.C.); die ontstaan daarvan het ook die Bronstydperk ingelui.[7]

Die verhouding tussen bogenoemde Neolitiese verskynsels en die ontstaan van landbou, die volgorde van hulle ontstaan en die onderlinge verhouding tussen hulle op verskillende Neolitiese terreine is steeds die onderwerp van akademiese debatte, en verskil van plek tot plek. Dit was dus nie die gevolg van universele wette van sosiale evolusie nie.[8][9] Die eerste ontwikkeling van die Neolitiese Omwenteling was in die Levant, omstreeks 10 000 v.C., gevolg deur ander terreine in die groter Vrugbare Halfmaan.

  1. Jean-Pierre Bocquet-Appel (29 Julie 2011). "When the World's Population Took Off: The Springboard of the Neolithic Demographic Transition". Science. 333 (6042): 560–561. Bibcode:2011Sci...333..560B. doi:10.1126/science.1208880. PMID 21798934.
  2. 2,0 2,1 Pollard, Elizabeth; Rosenberg, Clifford; Tigor, Robert (2015). Worlds together, worlds apart. Vol. 1 (concise uitg.). New York: W.W. Norton & Company. p. 23. ISBN 978-0-393-25093-0.
  3. Compare:Lewin, Roger (18 Februarie 2009) [1984]. "35: The origin of agriculture and the first villagers". Human Evolution: An Illustrated Introduction (5 uitg.). Malden, Massachusetts: John Wiley & Sons (published 2009). p. 250. ISBN 978-1-4051-5614-1. Besoek op 20 Augustus 2017.
  4. "International Stratigraphic Chart". International Commission on Stratigraphy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2013. Besoek op 6 Desember 2012.
  5. Graeme Barker (2009). The Agricultural Revolution in Prehistory: Why did Foragers become Farmers?. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-955995-4.
  6. Armelagos, George J. (2014). "Brain Evolution, the Determinates of Food Choice, and the Omnivore's Dilemma". Critical Reviews in Food Science and Nutrition. 54 (10): 1330–1341. doi:10.1080/10408398.2011.635817. ISSN 1040-8398. PMID 24564590.
  7. "Neolithic" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 21 Julie 2017. {{cite news}}: Onbekende parameter |encyclopedia= geïgnoreer (hulp)
  8. "The Slow Birth of Agriculture" Geargiveer 1 Januarie 2011 op Wayback Machine, Heather Pringle
  9. "Wizard Chemi Shanidar". EMuseum (in Engels). Minnesota State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search